Geagte President

Zuma gooi wal oor Pretoria, misdaad en nasionalisering – Beeld
2010-02-16 23:04

Politieke Redaksie

Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma het gister op ’n dramatiese dag in die parlement probeer terugkap teen die vlaag van kritiek wat sy staatsrede verlede week ontlok het.

Die president het hom onder meer uitgelaat oor Pretoria se naam, die nasionalisering van myne en die stryd teen misdaad.

Parlementslede van drie opposisiepartye het boonop later gistermiddag uit die Nasionale Vergadering (NV) gestorm en die vakbond Solidariteit is by Tuynhuys verjaag toe hulle duisende protesbriewe oor misdaad aan Zuma se kantoor wou oorhandig.

Zuma het vroeër die dag in sy toespraak gemaan remme moet aangeslaan word met die skynbare gretigheid om Pretoria se naam te verander. “Die regering het vroeër besluit daar moenie gehaas word om Pretoria se naam te verander nie, want dit is die hoofstad van ons land.”

Hy het dr. Pieter Mulder, VF-+leier en adjunkminister van landbou en visserye, se “konstruktiewe” bydrae in die soeke na ’n werkbare oplossing geloof.

“Dis nie ’n eenvoudige kwessie nie. Dis ’n emosionele kwessie, nie net vandag nie, maar ook destyds toe dit na Pretorius genoem is. Dit is waarom ons nugter daaroor moet wees, almal van ons?.?.?. en moet bereid wees om te neem en te gee. Dis ’n nasionale kwessie wat van leiers vereis om te dink en verantwoordelike besluite te neem.”

In reaksie op kritiek het Zuma gesê: “Dis nie nodig dat enigiemand die president verdedig nie; ek het presies geweet wat ek in die staatsrede wou sê en ek hét dit gesê.” Hy het uitgevaar teen kritiek dat sy staatsrede min om die lyf gehad het en gesê dis sy ministers se werk om besonderhede te gee.

Oor misdaad het Zuma gesê: “Ons het ten volle begrip vir Suid-Afrikaners se gevoel en standpunte oor misdaad en korrupsie. Om dié rede het ons die afgelope nege maande hard gewerk om die strafregstelsel te hersien en (die land) meer sigbaar en kragdadig te polisieer.”

Hy het onderneem om binnekort met direkteurs-generaal en met gesondheids- en maatskaplike werkers te vergader om beter dienslewering te verseker.

Die besluit om die staatsrede in die aand te lewer was volgens Zuma hoogs suksesvol nadat meer as 3,8 miljoen mense – dubbel soveel as verlede jaar – dit op TV gehoor het.

‘Klap in die gesig vir duisende in SA’ – Beeld
Lizel Steenkamp

2010-02-16 23:16

Kaapstad. – Pres. Jacob Zuma se kantoor het gistermiddag geweier om sowat 23 000 protesbriewe oor misdaad in ontvangs te neem.

Solidariteit het dié optrede as “ ’n klap in die gesig van duisende Suid-Afrikaners” bestempel.

“Ons gaan die publiek meer aggressief mobiliseer. Ons sal aanhou met die veldtog totdat die presidensie hieraan gehoor gee,” het mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, gesê nadat hy in die Nasionale Vergadering was om na Zuma se repliek te luister.

Die vrag briewe wat die vakbond om 12:30 met kruiwaens parlement toe gebring het, het laatmiddag nog op die trappe gelê. “Ons sal dit maar self gaan optel,” het Hermann gesê.

Solidariteit se poging om die briewe by Zuma uit te kry, het die presidensie vroeër in die verleentheid gedompel toe ’n sekretaresse van sy kantoor hulle aanvanklik gevra het om dit “reguit Tuynhuys toe te bring”.

Hermann en nog twee werknemers van Solidariteit het toe doodluiters deurgestap sonder dat ’n polisielid die kruiwaens deurgesoek het.

Dié het hulle tot by Tuynhuys se hoofingang gestoot.

’n Polisiebeampte het bevestig Zuma is in Tuynhuys, besig om hom voor te berei vir sy repliek in reaksie op die debat oor die staatsrede.

Maar niemand van sy kantoor was bereid om die briewe in ontvangs geneem nie, óók nie die sekretaresse wat hulle daarheen ontbied het nie.

’n Ontstoke polisiekaptein het later uitgevaar omdat die veiligheidsprosedures verontagsaam is en het Solidariteit beveel om die perseel – kruiwaens en al – te verlaat.

Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, het Solidariteit se veldtog as misleidend bestempel.

“Ons sal nie geloofwaardigheid of erkenning gee aan ’n veldtog waarmee ons nie saamstem nie. Ek verstaan nie wat hulle hiermee probeer vermag nie.”

Solidariteit het die veldtog verlede Vrydag begin nadat Zuma net “sowat 2% of 115 woorde” van sy staatsrede afgestaan het aan die regering se planne om misdaad te bestry.

Duisende Suid-Afrikaners het op Solidariteit se beroep gereageer en Zuma in protesbriewe gevra om misdaad sy eerste prioriteit te maak.

Magwenya het die vakbond daarvan beskuldig dat hy goedkoop publisiteit soek. “Ons kan nie elke jaar nuwe planne aankondig nie. Solidariteit het oorhaastig opgetree met dié publisiteitsfoefie. Hoekom het hulle nie eers ’n vergadering met die nasionale polisiehoof (komm. Bheki Cele) aangevra nie?”

Magwenya het gesê misdaad is een van die regering se prioriteite.

“Die president het verlede jaar met die polisie se topstruktuur vergader. Hulle moet nou die geleentheid kry om hul planne in werking te stel voordat nóg nuwe planne aangekondig word.”

Briewe oor misdaad stroom in na Zuma – Beeld
Cobus Coetzee

2010-02-16 00:11

Meer as 17 000 protesbriewe oor misdaad is reeds gister deur Suid-Afrikaners na pres. Jacob Zuma se e-pos-adres gestuur.

Afskrifte hiervan sal vandag, kort voor Zuma se repliek op sy staatsrede, op die voorstoep van die parlement aan sy kantoor oorhandig word.

Die vakbond Solidariteit het Vrydag ’n veldtog van stapel gestuur om Suid-Afrikaners sover te kry om e-pos aan Zuma te stuur en die erns van misdaad in die land aan hom te benadruk.

Mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gister gesê hy is verras oor hoeveel mense op die veldtog gereageer het.

Solidariteit het net 10 000 briewe verwag en teen eergistermiddag het 1 400 mense aan die veldtog deelgeneem, maar binne 24 uur het die syfer met 14 600 die hoogte ingeskiet. Teen omstreeks 19:30 gister was daar reeds 17 213 briewe.

“Ons verwag daar sal tussen 18 000 en 19 000 briewe aan die president gestuur word,” het Hermann gesê.

Solidariteit beplan om vandag van Johannesburg na Kaapstad met sowat 50 kg papier te vlieg.

“Die president se kantoor het reeds laat weet hulle sal die briewe by die parlement ontvang,” het Hermann gesê

Daar is met die veldtog begin nadat Zuma Donderdag in sy staatsrede, sy belangrikste toespraak tot nog toe as president, versuim het om daadwerklike planne te gee om Suid-Afrika se grootste probleem, naamlik misdaad, te bekamp.

Slegs 2% (120 woorde) van sy toespraak van sowat ’n uur lank is afgestaan aan hoe sy regering misdaad vanjaar gaan bekamp.

Misdaad: Laat jou stem hoor – Beeld
Cobus Coetzee

2010-02-15 00:28

Duisende protesbriewe oor misdaad sal môre, kort voor pres. Jacob Zuma se repliek op sy staatsrede, op die voorstoep van die parlement vir sy aandag afgelaai word.

Mnr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het gister gesê ’n veldtog is Vrydag van stapel gestuur om Suid-Afrikaners sover te kry om e-pos aan Zuma te stuur en die erns van misdaad in die land aan hom te benadruk.

Dit het gebeur nadat Zuma Donderdag in sy staatsrede, sy belangrikste toespraak nóg as president, versuim het om konkrete planne te gee om Suid-Afrika se grootste probleem, naamlik misdaad, te bekamp.

Slegs 2% (120 woorde) van sy toespraak van sowat ’n uur lank is afgestaan aan hoe sy regering misdaad vanjaar gaan bekamp.

Hermann het gister gesê Solidariteit wil hê “duisende Suid-Afrikaners moet saamstaan teen misdaad.

“Ons wil ’n duidelike boodskap aan die regering stuur dat ons nie sal rus nie totdat misdaad die no.?1-prioriteit is.”

Volgens Hermann kan mense hul e-pos stuur na geagtepresident@solidariteit.co.za.

Solidariteit sal die e-pos druk en by die parlement aflewer.

Hulle verwag sowat 10 000 briewe. Teen gistermiddag is meer as 1400 briewe reeds gestuur.

Beeld het van 1 Januarie tot vandag reeds berig oor 25 Suid-Afrikaners wat vermoor is.

Die DA en die VF+ het gister op die vooraand van die debat oor die staats­rede in die parlement uit een mond gepraat oor hul teleurstelling omdat Zuma geen konkrete planne vir misdaadbekamping voorgelê het nie.

“Die wittebrood is oor en die president gaan gepak word oor hoekom hy net so ligtelik aan dié groot probleem geraak het,” het me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, gewaarsku.

“Suid-Afrikaners is moeg vir sy manewales in sy persoonlike lewe; hulle soek duidelike oogmerke.”

Mnr. Pieter Groenewald, VF+-LP, meen Zuma se uitsprake is niks nuuts nie en die uitbreiding van die polisiediens is reeds deel van die mediumtermynplan.

“Die peil van die polisiëring moet eerder verbeter word,” het hy gesê.

Prof. Susan Booysen, politieke ontleder van die Universiteit van die Witwatersrand, meen Zuma het in ’n kort tyd twee terugslae ervaar – toe die nuus oor sy 20ste kind bekend geword het en sy staats­rede.

“Sy goedkeuringsvlak onder Suid-Afrikaners het waarskynlik die afgelope week met 5% gedaal. Die regering sal dié week ernstige skadebeheer moet toepas. Zuma moes sy kop op ’n blok gesit en duidelike oogmerke aangekondig het,” het sy gesê.

Mnr. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, wou gister weet wat meer die president dan kon sê.

“Misdaadbekamping is een van die regering se vyf topprioriteite.

“Zuma kan nie elke jaar ’n nuwe misdaadbekampingsplan aankondig nie; mense gaan sê hy is inkonsekwent,” het hy gesê.

“Net omdat hy iets nie in sy staats­rede genoem het nie, beteken dit nie die regering gee nie aandag daaraan nie.”

Wat Zuma gesê het

Die regering sal hard werk sodat almal in die land veilig is en voel.

Sy regering sal werk om die vlak van geweldmisdaad te verlaag en te verseker die regstelsel werk beter.

Planne word ingestel om die polisiediens oor drie jaar met 10% uit te brei.

Kapings, sake- en huisrooftogte, asook moord, verkragting en aanranding, kry die meeste aandag;

Mense moet by gemeenskapspolisiëringsforums betrokke raak, nie gesteelde goedere koop nie en inligting oor misdade aan die polisie gee.

Ook hulle is dood:

1 Januarie: Masigo Kgomo (10) word in Soshanguve, noordwes van Pretoria, vermoor.

5 Januarie: Mnr. Koos (63) en me. Retha (66) van Zyl word met hul eie haelgeweer by hul plaashuis naby Senekal doodgeskiet.

9 Januarie: Mnr. Ray-luka Lavita (20) word in die strate van Eersterust, Pretoria, doodgeskiet.

13 Januarie: Me. Ria van den Bergh (65) word in haar huis in Hermanstad, in die weste van Pretoria, doodgeslaan.

22 Januarie: Mnr. Johan Venter (59) word in ’n aanval op sy plaas naby Middelburg doodgeskiet.

22 Januarie: ’n Vrou word doodgeskiet terwyl sy inkopies by ’n winkel in Boksburg doen.

22 Januarie: Dr. Koos van Staden (55), ’n mediese dokter, word by die agterdeur van sy huis in Edleen, Kempton Park, doodgeskiet.

24 Januarie: Dr. Ernest Giesekke (69) word keelaf gesny op sy plaas naby Ficksburg.

25 Januarie: Me. Elsa Blignaut (83) word in haar huis in Nieu-Muckleneuk, Pretoria, vermoor.

30 Januarie: Mnr. Shawn Roux (22) word deur ’n groep mans in Boksburg doodgeslaan en -geskop.

5 Februarie: Mnr. Collin McLaud (63) van Meyerton word met twee koeëlwonde in sy bolyf dood in sy kombuis aangetref.

7 Februarie: Mnr. Fanie Venter (66) word op sy plaas naby Bethal doodgeskiet.

11 Februarie: Mnr. Adriaan Schutte (41) word in sy huis in die Leopard Rock-veiligheidskompleks in Equestria, in die ooste van Pretoria, doodgeskiet.

12 Februarie: Me. Alice Botha (75) van Northmead, Benoni, is in die gang van haar huis dood weens ’n hou teen die kop.

12 Februarie: Die bejaarde me. Kgobane (73, voornaam onbekend), van Winterveldt, buite Pretoria, word keelaf gesny. – Hilda Fourie en Pieter-Louis Myburgh